Gallery Video
OUDTSHOORN NUUSFLITS EN VIDEO - 'n Groep jeugdiges het vanmiddag die toegang tot Rose Valley versper.
Dit blyk dat die groep ongelukkig is oor werksgeleenthede.
Daar is tans 'n projek om die terrein skoon te maak en dit klink asof hierdie groep voel hulle kry nie geleentheid om tydelike werk te kry nie.
Die polisie is op die toneel.
'n Kontrakteur en vier afgevaardigdes van die groep is nou munisipaliteit toe om met 'n amptenaar te onderhandel.
Die groep het intussen bedaar.
Meer inligting volg soos dit beskikbaar word.
Kyk 'n video hier:
ARTIKEL & VIDEO: HANNES VISSER, OUDTSHOORN COURANT REDAKTEUR
FOTO'S: LIEZL VAN NIEKERK, OUDTSHOORN COURANT-JOERNALIS
'Ons bring jou die nuutste Oudtshoorn, Klein Karoo nuus'