OUDTSHOORN NUUS - Die jeugbrigade-orkes van die Oudtshoorn Evangelies Lutherse Kerk het vanjaar vir die 17de agtereenvolgende jaar by die Klein Karoo Nasionale Kunstefees (KKNK) opgetree en is volgens hul leier, kapt. David Julius, oral goed deur feesgangers ondersteun.
Volgens Julius, wat deur luitenant Loretta Ryneveldt bygestaan word, sien die seuns jaarliks daarna uit om by die fees op te tree.
Hy het sy dank teenoor die feesbestuur uitgespreek vir die geleentheid wat die seuns kry om ook hul talente ten toon te stel en blootstelling te kry.
Die orkes tree gereeld op versoek by verskeie geleenthede soos begrafnisse, optogte, kerkaangeleenthede, ongeag die denominasie, op. Julius kan by 071 609 2809 skakel.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’