LADISMITH NUUS - Jeffrey Donson, president van die politieke party, Icosa, is in die MediClinic George opgeneem en word vir Covid-19 behandel.
Sy seun, Vlancio Donson, Icosa-raadslid op Oudtshoorn het Donderdag gesê sy pa is Woensdag vanaf die Alan Blyth-hospitaal na George oorgeplaas waar hy positief vir Covid-19 getoets is. Hy is in die hoësorgeenheid opgeneem.
Donson se vrou, Abigail, het vanaand gesê: "My man is nog baie siek, maar sy toestand is stabiel. Ons glo dat die Meester hom sal genees. Die gesin waardeer alle oproepe en gebede."
Volgens haar kan Donson nie tans self op boodskappe reageer nie.
Donson was die voormalige burgemeester van Kannaland.
'Ons bring jou die nuutste Karoo nuus'