Jacobus vertel dat dit hom bykans twee weke neem om elke dag na werk die stringe en stringe liggies oor en om die huis te drapeer. Hy doen dit betyds genoeg om die liggies vir ongeveer twee weke voor Kersfees tot net na nuwe jaar te laat brand.
"Ek voeg elke jaar ietsie by en wens dat meer mense my voorbeeld sal volg om hulle strate vrolik te maak vir die seisoen."
Hy sê dat hy die idee gekry het terwyl hy op besoek in die Kaap was. Sy vrou, Katriena, 'n onderwyseres by Colridge primer, sê dat veral die kindertjies graag na die liggies kom kyk.
Katriena en Jacobus Titus op die stoep van hulle huis wat elke Kersseisoen soos 'n sprokiesplek verlig is.
'Ons bring jou die nuutste Oudtshoorn | Klein-Karoo nuus'