OUDTSHOORN NUUS - Die jaarlikse Oudtshoorn-modelvliegtuigskou word vanaf 19 tot 22 September vir die 50ste keer by die Oudtshoorn-lughawe aangebied.
Hierdie skou beloof om groot vermaak vir oud en jonk te verskaf met verskillende tipe modelvliegtuie wat helikopters, turbien-aangedrewe jets, valskerms en skaalmodelle van die Eerste en Tweede Wêreldoorlog insluit.
Toegangsfooie beloop R20 vir volwassenes en R10 vir kinders.
Toeskouers kan op die paviljoen hul sitplekke inneem terwyl hulle smul aan die heerlike kos wat ook beskikbaar by verskillende kosstalletjies sal wees.
Vrydag 20 September sal daar 'n binnenshuise-vliegskou by die De Jager-sportkompleks om 19:00 wees. Toegang is gratis.
Vir meer inligting skakel 082 897 8251 of besoek die webtuiste.
Een van vele modelvliegtuie wat verlede jaar uitgestal was. Foto: Liezel van Niekerk
Die jaarlikse Oudtshoorn-modelvliegtuigskou word vanaf 19 tot 22 September vir die 50ste keer by die Oudtshoorn-lughawe aangebied.
'Ons bring jou die nuutste Oudtshoorn, Klein Karoo nuus'