TUINROETE | KAROO NUUS - ‘n Paar jaar gelede het ‘n paar oudsoldate, onder leiding van genl. Paul Lombard, besluit om jaarliks ‘n middagete aan te bied waartydens die oudstryders lekker kan gesels en saam kan kuier.
Volgens een van dié veterane, Theuns Coetzee, is hierdie tradisie weens Covid onderbreek en was van die veterane aanvanklik versigtig om so ‘n byeenkoms kort na die pandemie by te woon.
Ten spyte van gesondheidsvrese, het meer as 60 lede verlede jaar se ete in Groot-Brak bygewoon.
"Hierdie jaar wil ons probeer, om soos by kere in die verlede, meer as 100 veterane bymekaar te kry vir die ete. Die middagete ete is vanjaar op 16 Februarie by die Diaz Hotel in Mosselbaai. ‘n Keuse van potjie kos of vis en skyfies, met ‘n poeding word aangebied," sê Coetzee.
Die veterane wat nog nie hul bywoning bevestig het nie kan vir Coetzee by tjcoetzee2015@outlook.com of WhatsApp 082 2610 495 kontak.
'Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus'