OUDTSHOORN NUUS - Vier wit stoele is onlangs deur die polisie in Hoopstraat gevind.
Volgens kapt. Louis Visser, woordvoerder van die Oudtshoorn-polisie, bestaan die vermoede dat die stoele moontlik gesteel kan wees.
Indien iemand die stoele herken of weet aan wie dit behoort kan hulle sersant Franlyn Lewis by 044 272 4400 skakel.
'Ons bring jou die nuutste Oudtshoorn, Klein Karoo nuus'