KLEIN KAROO NUUS - Bykans 122 inwoners het verlede Woensdag aan die jaarlikse Borskankerstap ter bewusmaking van kanker by vroue (borskanker ingesluit) deelgeneem.
Al die deelnemers het by die De Jager-sportkompleks aangetree waarna hulle na Baron van Reede tot by Van der Rietstraat gestap het.
Vandaar het hulle na Jan van Riebeeck beweeg waarna hulle teruggekeer het. Die afstand was vanjaar ietwat korter as vorige jare sodat kinders en diegene wat nie so fiks is nie ook kon deelneem.
Die Borskankerstap spring op 31 Oktober in Ladismith weg en op 16 November is dit Calitzdorp se beurt.
Die organiseerders het al die betrokke borge bedank.
Deelnemers by die De Jagers-sportkompleks. Foto's verskaf
Organiseerders staan gereed by een van die waterpunte.
Die organiseerders het al die betrokke borge bedank.
'Ons bring jou die nuutste Klein Karoo nuus'