Gallery
OUDTSHOORN NUUS - Met die afwesigheid van Kersliggies in Oudtshoorn se hoofstraat sorg drie inwoners dat mense iets van die vreugde van Kersfees met helder liggies ervaar.
By Tiranstraat 9 omskep Annemarie en Louis Janse van Rensburg reeds die afgelope 12 jaar hulle tuin in 'n kleurvolle Kerstoneel.
Daar is selfs 'n posbus waar kinders briefies vir Kersvader kan pos. Teen 'n palmboom is daar 'n aantal draad-engele.
Elke engel, verduidelik Annemarie, is ter herinnering aan die 12 leerders en een onderwyser wat in 1999 by Columbine High School (VSA) deur drie mede-studente doodgeskiet is.
Kinders en volwassenes wat die liggietuin besoek word ook met lekkers bederf.
Oorkant die straat by Tiranstraat 6 het Johan en Liandré de Wet ook hulle voortuin met liggies opgehelder.
By Hoopstraat 22, oorkant Laerskool Laurus, het Ingrid Badenhorst haar broer ingespan om haar huis se voortuin in Kersfeesliggies te tooi.
Dit is die eerste jaar dat sy dit doen, en sy beplan nog meer liggies vir volgende jaar het sy Maandagaand gesê terwyl sy stokkielekkers aan kinders uitgedeel het.
'Ons bring jou die nuutste Oudtshoorn, Klein Karoo nuus'