Deur middel van haar Facebook-blad, 'Oudtshoorn Gemeenskap Forum', het sy spoedig behoeftes in Oudtshoorn raakgesien en een van die projekte wat sy aangepak het was om inwoners van Oudtshoorn te motiveer om die begraafplase en ook ander dele van die dorp skoon te maak.
Verlede Sondagmiddag het sy en haar gesin, sowel as die Ellis-gesin en Jenny en Jennifer Blacquiere en Bernadette Knoop begin skoonmaak. Hulle het in twee groepe verdeel en begin met die begraafplaas oorkant Bridgton sowel as dele van Noordstraat .
Hester sê hulle gaan dit elke Sondag doen en hoop om nog inwoners by die projek betrokke te kry.
"As ons almal saamstaan in die dorp kan ons 'n pragtige, skoon dorp hê waarop ons almal kan trots wees," het sy gesê.
