OUDTSHOORN NUUS - Die burgemeester deel weekliks brokkies interessante inligting met inwoners. Hierdie week kyk hy na watervoorsiening.
Oudtshoorn se waternetwerk verskaf huishoudelike water aan Oudtshoorn, De Rust, Dysselsdorp en die Klein-Karoo landelike watervoorsieningskema vanaf Vlakteplaas buite De Rust tot by Gamka-Oos en -Wes en noordwaarts tot by die Kango-grotte.
Die waterbronne is die Melville- en Raubenheimerdam en die Rust en Vrede-waterval vir Oudtshoorn, agt boorgate voorsien Dysselsdorp en die landelike waterskema terwyl De Rust en Blomnek water uit die Huisrivier kry.
Oudtshoorn gebruik tans ongeveer 15 miljoen liter water per dag, De Rust en Blomnek gebruik gemiddeld 500 000 liter per dag, Dysselsdorp se verbruik is 1,28 miljoen liter en huishoudings in die Klein-Karoo landelike watervoorsieningskema gebruik ongeveer 1,33 miljoen liter per dag.
'Ons bring jou die nuutste Oudtshoorn, Klein Karoo nuus'