OUDTSHOORN NUUS - Oudtshoorniete word uitgenooi na ‘n gesprek vanaand oor die Klein Karoo Nasionale Kunstefees-2020.
Inwoners kan hul idees oor hoe om volgende jaar se fees nóg beter te maak deel en ook die nuwe bestuurslede van Kunste Onbeperk ontmoet.
Die gesprek begin vanaand om 18:00 by die Klein Karoo Ostrich Emporium in Rademeyerstraat.
Skakel Daleen Witbooi by 044 203 8600 of stuur ‘n e-pos na info@kunste.org.za.
'Ons bring jou die nuutste Oudtshoorn, Klein Karoo nuus'