LADISMITH NUUS - Die bevelvoerder van die Ladismith-polisiestasie, lt.kol. Jakobus Marthinus, het op Internasionale Dwelmdag 'n groep jeugdiges toegespreek en hulle aangemoedig om die polisie te help in die stryd teen misdaad.
Volgens ao. Jan Cederas, woordvoerder van die Ladismith-polisie, het Marthinus, die jeug aangemoedig om verantwoordelik op te tree en altyd 'n goeie voorbeeld te stel.
"Dwelms is 'n probleem binne ons gemeenskappe. Drank en dwelms is altyd betrokke by geweldsmisdade. Die polisie sal alles in hul vermoë doen om booswigte wat dwelms in die gemeenskap inbring aan te keer."
Marthinus het gesê inligting vanaf die gemeenskap sal altyd as vertroulik hanteer word. Die voorsitter van die Ladismith-gemeenskapspolisiëringsforum, Dawid Bothman, het gesê jongmense moet as ambassadeurs optree.
Hulle moet nie deel word van die misdaad statistiek nie. Hy het hulle aangemoedig om hul jeug te geniet, maar dat God hulle tot verantwoordelikheid roep.
'Ons bring jou die nuutste Ladismith, Klein Karoo nuus'