OUDTSHOORN NUUS - Die polisie vra dringend vir enige inligting oor ‘n roof en poging tot verkragting wat op 16 Mei vanjaar om 06:50 by die gholfbaan plaasgevind het.
‘n Vrou wat op pad was werk toe het deur die gholbaan se terrein gestap toe ‘n onbekende man haar van agteraf gewurg het en gepoog het om haar te verkrag.
Sy het haarself verset en die verdagte het met haar beursie en selfoon gevlug.
Die man was geklee in ‘n swart kortbroek en ‘n swart langmou top met ‘n nommer 35 aan die voorkant.
Enigeen met inligting kan ao Le Roux by 044 203 7500 konbtak.
Alle inligting sal vertroulik hanteer word.
'Ons bring jou die nuutste Oudtshoorn, Klein Karoo nuus'