OUDTSHOORN NUUS - Lede van die Oudtshoorn-polisie en forensiese deskundiges was verlede Vrydag op die toneel by Pep Stores op die hoek van St. John- en Hoogstraat waar 'n inbraak verlede Donderdagnag plaasgevind het.
Volgens sers. Gretchen Michaels, woordvoerder van die Oudtshoorn-polisie, het die diewe toegang tot die perseel vanaf die agterkant van die winkel gekry waarna hulle deur die aanpaskamers tot in die kantoor van die winkel gebreek het.
Die diewe het toegang tot die kantore gekry en die kluis oopgebreek en R20 000 gebuit en ook met selfone weggekom.
Die Oudtshoorn-polisie het gerugte dat daar 'n moord plaasgevind het by dié winkel as onwaar bestempel.
'Ons bring jou die nuutste Oudtshoorn, Klein Karoo nuus'