OUDTSHOORN NUUS - Lede van die Oudtshoorn-polisie en forensiese deskundiges is tans op die toneel by Pep Stores op die hoek van St. John- en Hoogstraat waar 'n inbraak laas nag plaasgevind het.
Volgens sers. Gretchen Michaels, woordvoerder van die Oudtshoorn-polisie, het die vermeende diewe toegang tot perseel vanaf die agterkant van die winkel gekry waarna hulle deur die aanpaskamers tot in die kantoor van die winkel gebreek het.
Die vermeende diewe het toegang tot die kantore gekry en die kluis oopgebreek en R20 000 gebuit. Hulle het ook met selfone weggekom.
Die Oudtshoorn-polisie het ook gerugte dat daar 'n moord plaasgevind het by dié winkel as onwaar bestempel.
'Ons bring jou die nuutste Oudtshoorn, Klein Karoo nuus'