Update
OUDTSHOORN NUUS - Kapt. Louis Visser, woordvoerder van die SAPD op Oudtshoorn het vandag bevestig dat die bestuurder wat gisteraand in ‘n botsing gesterf het die 16-jarige Athenkosi Wali was.
Hy is gisteraand op die ongelukstoneel in St. Saviourstraat dood nadat die Mercedes wat hy bestuur het deur ‘n aankomende Isuzu-bakkie getref is.
Die botsing het gebeur nadat die Isuzu op die grondstrook links van die pad beland het en teruggeswaai het. Die passasier wat saam met Wali in die voertuig was, is lig beseer.
Die vroulike bestuurder van die Isuzu is per ambulans hospitaal toe geneem. Dit is onduidelik of daar ander mense in die Isuzu was.
Volgens Visser word 'n klag van strafbare manslag ondersoek.
Vorige artikel: Man sterf in botsing
'Ons bring jou die nuutste Oudtshoorn, Klein Karoo nuus'