OUDTSHOORN NUUS - Die Oudtshoorn Huistuin-gemeenskap, 'n organisasie wat gestig is om mense aan te moedig om hul eie groente en kruie te kweek, het 'n baie geslaagde en opvoedkundige uitstappie na Gamkaberg, by Uitvlugt en die Calitzdorp-spa meegemaak waartydens die organisasie ook sy jaarbeplanning vir 2018 gedoen het.
"Dit was 'n baie leersame en aangename dag vir ons mense wat hulle self bemagtig om hul eie groente en kruie in hul onderskeie agterplase te kweek," sê die voorsitter, Phillip Seroux.
Volgens Seroux is die organisasie oop vir alle inwoners van Oudtshoorn.
Lidmaatskap is slegs R20 per jaar.
Mense wat by die organisasie wil aansluit kan vir meer besonderhede vir Seroux by 079 987 9486 skakel of die sekretaris, Carlos Biljohn by 083 599 0023.
'Ons bring jou die nuutste Oudtshoorn, Klein Karoo nuus'