OUDTSHOORN NUUS - Groot skade is vanoggend aan ‘n huis in Rosebank aangerig nadat ‘n brand in ‘n opslaanhut uitgebreek het.
Dié opslaanhut vorm deel van die huis.
Volgens Mark Solomons wat ten tye van die brand alleen tuis was, het hy in die sitkamer geslaap toe hy krete van buite af hoor dat die huis besig is om af te brand.
Volgens Solomons het hy geen idee wat die brand kon veroorsaak het nie.
'Ons bring jou die nuutste Oudtshoorn, Klein Karoo nuus'