Gallery Update Video
OUDTSHOORN NUUS EN VIDEOS - Ongeveer 800 mense van Oudtshoorn en die omliggende gebiede het Maandag met trekkers, vragmotors en bakkies bymekaargekom ter ondersteuning van die landswye Swart Maandag-veldtog.
Die veldtog het ten doel gehad om die Suid-Afrikaners se hartseer oor plaasmoorde en ook ander moorde in die land uit te spreek.
Deon (Bossie) Bosman, die organiseerder van Oudtshoorn se byeenkoms, sê hy was aangenaam verras met die hoeveelheid mense wat opgedaag het.
"Nou weet ek ons mense kan ook saamstaan wanneer hulle weet dinge in die land gaan nie soos dit moet nie.
"Ek is veral trots op die feit dat daar geen voorvalle by ons optog was nie en dat almal in goeie gees deelgeneem het."
Die optoggangers, jonk en oud, het Maandag op Oudtshoorn aan die Swart Maandag-veldtog deelgeneem.
Bosman sê hy wil veral die verkeersdepartemente en die polisie bedank.
"Dit is alles aan hulle te danke dat die dag so 'n groot sukses was."
Kyk 'n video van die optog:
Die optog het 11:00 op die Calitzdorp-pad begin met 'n gebed waarna die optoggangers in drie groepe verdeel het op die De Rust-pad.
George-pad en ook die Calitzdorp-pad te versper.
Kyk 'n video hier:
Die boodskap is duidelik op die kant van die trok.
Lees 'n vorige artikel: Vreedsame protesoptog begin 11:30
ARTIKEL: LIEZL VAN NIEKERK, OUDTSHOORN COURANT-JOERNALIS
'Ons bring jou die nuutste Oudtshoorn, Klein Karoo nuus'