BEAUFORT-WES NUUS - Lede van die Sentraal Karoo-honde-eenheid het die afgelope naweek verskeie operasies uitgevoer waarin dwelms, waaronder Mandrax en dagga gevind is.
Volgens sers. Christopher Spies, Suid-Kaapse polisiewoordvoerder, het hulle Sondag 'n 25-jarige vrou van Johannesburg in hegtenis geneem na lede 'n voertuigbeheerpunt beman het.
"Angie, die dwelmhond, het 'n bus net buite Beaufort-Wes deursoek en 12 000 Mandrax-tablette ter waarde van R600 000 gevind. Die verdagte het die week in die Beaufort-Wes-landdroshof verskyn."
Angie en lede van die honde-eenheid het Saterdag ook 54 sakke dagga (62,3 kg) op ’n bus wat onderweg was na Kaapstad gevind.
Die waarde van die dagga beloop R150 000.
Van die dwems wat deur die Beaufort-Wes honde-eenheid gekonfiskeer is.
'Ons bring jou die nuutste Beaufort-Wes, Karoo nuus'