OUDTSHOORN NUUS - David Esau, hoof provisiale inspekteur van die arbeidsdepartement, het vanoggend bevestig dat dienste by die Oudtshoorn-munisipaliteit en Oudtshoorn-landdroshofgebou van vandag af soos normaal voortgaan.
Die twee geboue is verlede week gesluit omdat die geboue nie aan Covid-regulasies en verskeie ander veiligheids- en gesondheidsmaatreëls voldoen het nie.
Esau het vaoggend gesê dat die twee geboue nou aan al die nodige maatreëls voldoen.
'Ons bring jou die nuutste Oudtshoorn, Klein Karoo nuus'