OUDTSHOORN NUUSFLITS - Het jy nog altyd gewonder wat daardie wakis van oumagrootjie of die skildery wat al dekades in die gang hang, werd is?
Kom vind Donderdag 28 Junie uit wanneer Suid-Afrika se voorste kuns- en oudhede-waardeerders en afslaers, Strauss & Co Oudtshoorn besoek.
Strauss & Co is tans besig met 'n besoek aan die Tuinroete waar hulle Plettenberg-baai (25 Junie), Knysna (26 Junie), George (27 Junie) en Oudtshoorn op 28 Junie besoek.
Die maatskappy is deur die bekende Stephan Welz gestig en het verlede jaar 'n omset van R329 miljoen gehad.
Lees meer in Vrydag se Oudtshoorn Courant, asook aanlyn.
'Ons bring jou die nuutste Oudtshoorn, Klein Karoo nuus'