Gallery
OUDTSHOORN NUUS - 'n Groot groep leerders, sommiges gespanne en ander opgewonde, het vandag in Hoërskool Oudtshoorn se voorportaal byeengekom om vir hul matriekuitslae te wag.
Volgens Gerrit Rudolph, waarnemende skoolhoof van Struisies, is hy tevrede met die uitslae, maar streef hulle nogsteeds om nóg beter te doen.
Alhoewel die skool se slaagsyfer 'n klein bietjie sedert verlede gedaal het is hy tevrede met die skool se 96,8%. 125 leerders het die 2018-matriekeindeksamen geskryf en 121 leerders het dit gemaak.
Rudolph is veral trots op die 14 A-gemiddeldes wat verlede jaar se matrieks opgelewer het, in vergelyking met 2017 se sewe A-gemiddeldes.
Die skool spog ook vanjaar 98 BA-graad studente in vergelyking met verlede jaar se 67.
Rudolph sê hy is ook trots op Struisies se 135 vak A-simbole.
Die top 3-kandidate is as volg:
- Karla Swart: 7 A's en 90,43% gemiddeld
- Kabelo Mothubatse: 7 A's en 87% gemiddeld
- JG Marais: 6 A's en 86,86% gemiddeld
Lees meer in volgende week se Oudtshoorn Courant, asook aanlyn.
'Ons bring jou die nuutste Oudtshoorn, Klein Karoo nuus'