OUDTSHOORN NUUS - Die laaste matriekklas van Hoërskool Humansdorp het onlangs hul 60 jaar reünie op Oudtshoorn gevier.
Die reüniegangers was die laaste matriekgroep van Hoërskool Humansdorp voordat die skoolgebou in 1960 gesloop is en 'n nuwe skoolgebou met 'n nuwe naam, Hoërskool Nico Malan, opgerig is.
Die matriekklas het bestaan uit 49 leerders waarvan 16 lede van dié 1959-klas die reünie bygewoon het.
Die 1959 matriekklas van Humansdorp Hoërskool.
'Ons bring jou die nuutste Oudtshoorn, Klein Karoo nuus'