Video
OUDTSHOORN NUUS EN VIDEO'S - Dit is nie net die mens wat moederlike instinkte het en die drang het om na babatjies om te sien nie.
Dit was vir Corien Fouché en Werner Stoumann baie duidelik toe hulle Australianse herdershond, Billy-Jean, 'n baba katjie aangeneem het.
Werner sê die katjie, wat intussen die naam Japie gekry het, is in 'n skuur op hul plaas gebore en hy het besluit om die kat huis toe te neem en vir die kinders te wys, maar Japie het sommer dadelik sy tuiste gevind.
Dié twee is sedertien onafskeidbaar en Billy versorg haar nuwe baba asof dit haar eie is.
Volgens Corien bad Billy-Jean Japie gereeld en lek sy hom as hy klaar geëet het. Lees die storie in Vrydag se koerant.
Kyk twee video's hieronder:
Klein Japie van aan die slaap.
Billy-Jean en Japie.
'Ons bring jou die nuutste Oudtshoorn, Klein Karoo nuus'