TUINROETE | KAROO NUUS - Deel van Helpende Hand se dankie-sê-aksie is om ’n netwerk van ere-ondersteuners te skep.
Helpende Hand nooi mense bo die ouderdom van 80 of wat gestremd is, om gratis by Helpende Hand aan te sluit as ere-ondersteuner.
Hierdie ere-ondersteuners hoef nie ’n maandelikse donasie te betaal nie.
Met hierdie veldtog poog Helpende Hand om met almal hande te vat en ’n sterker Suid-Afrika te bou deur sy aan sy geestelike, sosio-emosionele, fisiese en kulturele armoede te beveg.
Besoek www.onstrots.co.za vir meer inligting of stuur ? e-pos aan die Wes-Kaap-streekorganiseerder by alisha@helpendehand.co.za
'Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus'