Video
OUDTSHOORN NUUS EN VIDEO - Inbrekers wat gisteraand tussen 22:00 en middernag by Cango Pizza ingebreek het, het derduisende rande se skade aangerig.
Hulle het 'n buitedeur agter die gebou oopgebreek, asook 'n binnedeur.
Ongeveer R1 000 is gesteel, sowel as 'n kasregister en 'n afleweringsmotorfiets. Die motorfiets is in Jan van Riebeeckweg gevind nadat iemand blykbaar met dit geval het.
Die inbrekers is op beeldmateriaal vasgevang voordat hulle die nege kameras in die winkel uitgeruk het.
Volgens die eienaar, Morne van der Linde was die inbrekers lank binne die perseel en het selfs kos gemaak en een van die gasbranders gelos dat dit deurnag brand.
Die alarm het verskeie kere afgegaan, maar dit blyk dat die sekerheidsmaatskappy nie bewus was van die inbraak nie.
Dit is eers vanoggend om 09:00 ontdek toe Van der Linde vir die dag kom oopsluit het.
Volgens hom werk personeel baie hard om teen môre weer te kan oopmaak.
Hy en sy vrou het die onderneming in Desember oorgeneem en het reeds soos ander ondernemings verliese gely as gevolg van die Covid-inperkings.
Kyk 'n video hieronder.
Hierdie skermgrepe van video's in die winkel is deur die eienaar op sosiale media geplaas:
'Ons bring jou die nuutste Oudtshoorn, Klein Karoo nuus'