OUDTSHOORN NUUSFLITS - 'n Groot eer het plaaslike kunstenaar en musiekvervaardiger, Danny B, te beurt geval toe hy vir kykNET se Fiësta-toekennings genomineer is.
Denver Manuel, beter bekend as Danny B, het verlede week die toekenningsgeleentheid in Johannesburg bygewoon.
"Ek het 'n kunswerk ontvang omdat ek benoem was vir Beste musiekgedrewe produksie: Buitelug vir die vervaardiging van Rymklets van Oos tot Wes.
"Eerstens was dit 'n groot eer om benoem te word en was dit 'n vooreg om die geleentheid by te woon.
"Tweedens wil ek kunstenaars, wat vir so iets genomineer word, aanmoedig om die geleentheid by te woon. Dit is so 'n spesiale ervaring," het hy gesê.
Hy het in 2017 die Kanna-toekenning vir sy bydra by Rymklets van Oos tot Wes ontvang.
Volgens Danny is hy al sedert 2013 by die Rymklets-produksie betrokke.
"Ek het 2013 net opgetree en sedert 2014 het ek gehelp met die verjaardiging.
"Die jaar was egter die eerste jaar wat ek die vervaardiging op my eie gedoen het."
Lees meer in Vrydag se Oudtshoorn Courant, as ook aanlyn.
ARTIKEL & FOTO: LIEZL VAN NIEKERK, OUDTSHOORN COURANT-JOERNALIS
'Ons bring jou die nuutste Oudtshoorn, Klein Karoo nuus'