OUDTSHOORN NUUS - Die maandelikse handwerkmark wat langs die CP Nel-museum aangebied word lok heelwat uitstallers.
Die munisipaliteit het toestemming verleen dat die mark op die laaste Saterdag van elke maand op die stuk grond mag plaasvind.
Die eerste mark wat as 'n proeflopie gedien het, is op 12 Augustus met 14 stalletjies aangebied.
Enige persoon wat self produkte maak mag uitstal. Dit sluit gebak soos beskuit en koekies sowel as konfyte en ingelegde voedsel in.
Om nie met bestaande restaurante en koffiewinkels in die omgewing in te meng nie, word geen kosstalletjies toegelaat nie.
Daar is reeds 33 moontlike uitstallers op die mark se lys waarvan ten minste 18 Saterdag wil uitstal. Inwoners word genooi om hierdie inisiatief van entrepreneurs te ondersteun.
Vir navrae skakel Hannes by 083 467 1522.
'Ons bring jou die nuutste Oudtdshoorn, Klein Karoo nuus'