Gallery
OUDTSHOORN NUUS - Leerders en onderwysers van Langenhoven Gimnasium het die langnaweek vandag feestelik en tradisioneel tegemoet gegaan en Erfenisdag, oftewel nasionale braaidag by die skool gevier.
Die skool het 'n klomp braaidromme en genoeg hout voorsien en vir 'n skamele bydrae van R2 per leerder kon elkeen sy eie vleis op die kole kom gooi.
Terwyl sommiges braai het dansmaats mekaar geskraap en onder die dennebome hulle langarm vernuf gewys.
Alles onder die wakende oë van die personeel wat een terras hoër hulle eie vuur en braaivleis beman het.
'Ons bring jou die nuutste Oudtshoorn, Klein Karoo nuus'