OUDTSHOORN NUUS - Twee debatspanne van Langenhoven Gimnasium het puik presteer tydens die Praatsaam-debatkompetisie wat op 5 Februarie by Hoërskool Outeniqua aangebied is.
Gimmies se spitsvondige sprekers het teen spanne van Hoërskool Outeniqua, Hoërskool Oudshoorn en Hoërskool Langenhoven van Riversdal meegeding.
Daar was 32 Gimmies wat deelgeneem het en Blitsbrein, een van die junior spanne het na die semifinaal deurgedring.
Wat dit 'n besondere prestasie maak is dat die drie spanlede, Lara-Mia Goncalves, Marlisha Murray en Francois Moolman vir die heel eerste keer aan 'n debat deelgeneem het.
Impromptu, die senior span van Jarika Kritzinger, Minette Greeff en Megan Taljaard het skitterend gevaar en as die wenners van die seniorafdeling uit die stryd getree.
Impromptu, Gimmies se senior debatspan is, van links: Jarika Kritzinger, Minette Greeff en Megan Taljaard. Foto's verskaf
'Ons bring jou die nuutste Oudtshoorn, Klein Karoo nuus'