OUDTSHOORN NUUS - Tanya Smit van Langenhoven Gimnasium is aangewys as vanjaar se nasionale wenner van die ATKV se Junior Afrikaanse Olimpiade vir leerders van Gr 7 tot Gr 9. Haar prestasie volg nadat sy ook as die Wes-Kaapse wenner aangewys is.
Nog Gimmies het in hulle staal in hulle taal by die olimpiade gewys. Franke du Plooy beklee die 24ste plek nasionaal en die vierde plek in die Wes-Kaap.
Sumé Norval en Hildred Swart is onder die Top 20-presteerders in die Wes-Kaap én onder die Top 100-presteerders nasionaal.
Wilmarie van Rooyen en Reuben Homann is ook onder die Top 20-presteerders in die Wes-Kaap.
Daar was 1476 leerders landwyd en uit Namibië wat aan die Afrikaanse Olimpiade deelgeneem het.
'Ons bring jou die nuutste Oudtshoorn, Klein Karoo nuus'