OUDTSHOORN NUUS - Die polisie het die afgelope naweek vermoedelik gesteelde eiendom by ‘n persoon gevind.
Volgens kaptein Louis Visser, woordvoerder van die Oudtshoorn-polisie, is die persoon naby Riempie Hotel voorgekeer.
Enige persone met inligting of enigiemand wat die gesteelde goedere herken kan die polisie se misdaadkantoor by 082 469 8224 of 044 203 9022 skakel.
'Ons bring jou die nuutste Oudtshoorn, Klein Karoo nuus'