CALITZDORP NUUS - Terwyl Calitzdorp veral vir sy wynkelders bekend is, is besoekers dalk nie bewus van die ryk geskiedenis van die omgewing wat in die dorp se museum bewaar word nie.
Die museum is in die geskiedkundige Standard Bank-gebou van 1912 op die hoek van Geyser- en Van Riebeeckstraat en huisves 'n wye reeks items uit vervloë dae.
Dit beeld die ryk geskiedenis van die ontstaan van die dorp en omgewing uit met interessante en nostalgiese uitstallings uit die verlede. Die uitstallings het ook ekologiese en geologiese waarde van die omgewing en ondersteun die bewaring van historiese geboue.
Behalwe vir die uitstallings huisves die museum ook 'n groot afdeling met tweedehandse boeke wat spotgoedkoop is en besoekers moet genoeg tyd inruim om deur die boeke te sif. Gereelde uitstappies en praatjies word ook gereeld deur die museum aangebied en lede van die publiek kan aansluit as Vriende van die Museum.
Die museumtye is Maandag tot Donderdag vanaf 10:00 tot 13:00 en weer vanaf 14:30 tot 16:30. Op Saterdae en Vrydae is die tye vanaf 10:00 tot 13:00.
Kontak gerus vir Jutta by 072 221 7171 vir enige navrae.
'Ons bring jou die nuutste Calitzdorp, Hessequa nuus'