OUDTSHOORN NUUS - 'n Gesin van ses het vroeg vanoggend, 11 Januarie, 'n grusame vlammedood gesterf toe hul opslaanhuis in die Kanaal-omgewing tot op die grond afgebrand het.
Volgens ’n familielid, Arrie Mei het hy vannag omstreeks 02:00 wakker geskrik toe hy 'n gekletter en histeriese mense se gille buite sy erf gehoor het.
Mei bly direk oorkant die grusame brandtoneel en het beide sy ma en suster in die brand verloor. Hy vertel dat terwyl hy en ander inwoners die vlamme probeer blus het, het hy desperate krete vanuit die brandende huis gehoor, maar die vlamme was oorweldigend en hul pogings futiel.
Volgens een van die Kanaal-inwoners is die moontlikheid groot dat beurtkrag 'n rol gespeel het in die ontstaan van die brand aangesien Oudtshoorn van 00: 00 tot 02:30 beurtkrag gehad het.
Lees die volledige storie in môre se uitgawe van die Oudtshoorn Courant – die eerste koerant van 2023.
Verslae gemeenskaplede drom saam by die grusame toneel.
'Ons bring jou die nuutste Oudtshoorn, Klein Karoo nuus'