Video
OUDTSHOORN NUUS EN VIDEO - 'n Man se vinnige optrede het gesorg dat sy ouers na veilgheid kon kom voordat 'n brand hulle oorval het.
Jaco Smit woon in 'n buitekamer van die huis in Russtraat wat sy ouers Marieta en Bertus huur.
Volgens hom het hy wakkergeskrik van klapgeluide en gesien die huis se agterstoep is in vlamme. Hy kon nie in die huis ingaan nie en het die diefwering van sy ouers se kamer van buite af uitgebreek en toe deur die huis gehardloop en nog diefwering na die voorstoep oopgebreek sodat hulle kon ontsnap.
Die brand het die agterstoep, badkamer en kombuis verteer. Jaco se kamer en die aangrensende motorhuis is ook in puin gelê.
Marieta teël met Yorkie-honde en kon almal red, behalwe twee wat nog nie gevind kon word nie.
Die gesin is ongeveer vyf jaar gelede deur dieselfde trauma toe 'n huis wat hulle op die hoek van Buitekant- en Van der Rietstraat gehuur het, heeltemal afgebrand het.
Kyk twee video's hieronder.
'Ons bring jou die nuutste Oudtshoorn, Klein Karoo nuus'