Video
OUDTSHOORN NUUS EN VIDEO - Heartbeat FM is tans besig om 'n onderhoud met die bekende advokaat, Gerrie Nel te voer.
Die onderhoud word by CP Nel Motors opgeneem.
Die radiostasie beoog om dié onderhoud op hul kanaal uit te saai (107.4) sodra dit afgehandel is.
Nel spreek ook vanaand om 18:30 die gemeenskap toe by Laerskool Laurus. Kwessies soos korrupsie sal hoog op die agenda wees.
Toegang is gratis en ligte verversings sal ook beskikbaar wees.
Kyk 'n video hieronder.
'Ons bring jou die nuutste Oudtshoorn, Klein Karoo nuus'