OUDTSHOORN NUUS - Twee inwoners van Oudtshoorn wat, soos honderde ander, keelvol is vir probleme met straatkinders, het besluit om druk op die munisipaliteit uit te oefen om die probleem aan te spreek.
Raymie Alberts en Francois Tiemie het vandag begin om petisielyste by besighede in die dorp te versprei.
Hulle vra inwoners om die petisie te teken om die omvang van kommer oor die kwessie onder die owerhede se aandag te bring.
"Sodra ons 1500 handtekeninge het, gaan ons die petisie aan die burgemeester, wat in diens van die gemeenskap is, oorhandig. Ons gaan daarop aandring dat ordonansies wat inwoners se veiligheid moet verseker, toegepas word."
Alberts en Tiemie kan onderskeidelik by 072 716 0686 en 084 823 3974 gekontak word.
'Ons bring jou die nuutste Oudtshoorn, Klein Karoo nuus'