Video
OUDTSHOORN NUUS EN VIDEO - Die verskuiwing van 'n raadsvergadering het vanoggend daartoe gelei dat opposisiepartye uitgestap het en bande op 'n hoofpad gebrand is.
Die munisipale bestuurder van Oudtshoorn het hierdie week kennis gegee dat vandag se raadsvergadering as gevolg van "sekuriteitsredes" nie in die raadsaal plaasvind nie. Die vergadering is in die konferensielokaal van 'n plek buite Oudtshoorn gehou.
Toegang is egter geweier aan sowat tien lede van die publiek wat die vergadering wou bywoon.
Op grond hiervan het die ANC raadslede die vergadering verlaat.
Die lede van die publiek wat toegang geweier is het die hoofpad buite Oudtshoorn uit protes, met brandende bande versper.
Die eienaar van die konferensielokaal het gesê hy was onder die indruk dat die lokaal vir n gewone vergadering bespreek is en dat hy nie bewus was dat dit deur lede van die publiek bygewoon sou word nie.
Volgens hom sou hy nie die lokaal beskikbaar gestel het as hy geweet het dat dit 'n raadsvergadering is en wat die implikasies daarvan was nie. Besonderhede oor die vergadering volg later.
Kyk 'n video hieronder.
Lees 'n verwante artikel: ANC en Icosa loop uit vergadering
'Ons bring jou die nuutste Oudtshoorn, Klein Karoo nuus'