OUDTSHOORN NUUS - Hy ondervind dat daar 'n groot behoefte is vir advies aan veral jongmense en daarom het hy die inisiatief geneem om op eie houtjie 'n advieskantoor by sy huis te open.
So sê Phillip Seroux, bekende gemeenskapswerker en voorsitter van die plaaslike Dwelm Aksiekomitee onder die beskerming van die onderburgemeester van Oudtshoorn.
"Daar is baie van ons jong seuns en dogters wat vasgevang is in die net van dwelms en dit is my doel om hulle te help.
"Hulle kry nie die ondersteuning wat hulle moet kry nie," sê Seroux.
Volgens hom het hy baie kennis opgedoen tydens sy twee jaar betrokkenheid by wykskomitees en opleiding wat hy ontvang het.
Die advieskantoor is by sy huis te Polisiehoogte 76, net bokant die Bongolethu Thusong-sentrum en daagliks oop tussen 08:00 en 10:00 en weer tussen 16:00 en 18:00.
Hy benodig nog 'n telefoon, Wi-Fi en ander toerusting en doen 'n beroep op besighede en sakemanne om hom te help.
Hy kan gekontak word by 079 987 9486. Sy epos-adres is oomfrooze@gmail.com.
'Ons bring jou die nuutste Oudtshoorn, Klein Karoo nuus'