LADISMITH NUUS - Toeskouers wat van 'n rugbywedstryd op pad huis toe was, het oproerig begin raak nadat Ladismith-polisie twee inwoners gearresteer het.
Volgens kapt. Van Wyk, polisie-woordvoerder van die Wes-Kaap is 'n saak van openbare geweld teen twee munisipale werkers van Kannaland, onderskeidelik 39 en 40 jaar oud, geopen.
Die twee het Maandag 13 Februarie in die Ladismith-landdroshof op aanklagte van crimen injuria, verset teen arrestasie, verhindering van 'n polisiebeampte in die uitvoer van sy pligte en oproerige gedrag, verskyn.
Die arrestasie het tot 'n hewige oproerigheid van inwoners gelei.
Op van die video-opnames in omloop kan daar duidelik gehoor word hoe lede van die publiek die betrokke polisiebeamptes se name noem en hulle vloek.
Die eggenote van een van die aangehoudenes wou by 'n polisiebeampte in die teenwoordigheid van Oudtshoorn Courant weet wanneer haar man vrygelaat sou word. Die polisiebeampte het geantwoord: "so twee, drie daggies".
'n Navraag is ook aan lt.kol. Pauline Kriel, stasiebevelvoerder van die Ladismith-polisie gerig wat onderneem het om die voorval te ondersoek.
'Ons bring jou die nuutste Ladismith, Karoo nuus'