CALITZDORP NUUS - 'n Platteland Boeredans word deur inwoners beplan na 'n huis waarin drie bejaardes gewoon het op 5 November afgebrand het.
Oudtshoorn Courant het verlede week berig dat die drie inwoners, die eienaar, sy suster en haar man, almal in hul sewentigs, al vir jare in die huis woon. Volgens Erina Meiring, die buurvrou, het die brand kort na beurtkrag ontstaan.
LEES: Bejaardes spring dood vry toe huis brand
Die inwoners van die huis is ongedeerd, maar het al hul besittings in die brand verloor.
Volgens Suzane van der Bank, nog 'n inwoner van Calitzdorp, beplan hulle die dans om fondse te in om die eienaar te help om die woonstel agter die huis te herstel en klaar te bou.
"Die oom was besig om 'n woonstel aan te bou om as ekstra inkomste te verhuur. Die woonstel het nie veel skade in die brand opgedoen nie, maar het wel skade aan die dak. Ons wil graag die oom help om die woonstel klaar te bou sodat hy daar kan intrek."
Volgens Van der Bank het hy tydelike woonplek.
"Die oom se suster en haar man woon tans by hul kinders in die Kaap. Die inwoners van Calitzdorp se harte het regtig oopgegaan vir die drie mense en ons is ongelooflik dankbaar daarvoor. Die skenkings wat ons tot dusver gekry het word tussen hulle drie verdeel."
Volgens Van der Bank sal die dans op 4 Desember om 19:00 by die Ou Stasie aangebied word.
Kaartjies beloop R100 per persoon, maar as gevolg van Covid-19-regulasies is slegs 100 kaartjies beskikbaar.
Daar sal ook 'n veiling en gelukstrekkings wees om ekstra fondse te in.
Vir meer inligting kontak Van der Bank by 071 048 1922.
'Ons bring jou die nuutste Calitzdorp, Klein Karoo nuus'