KANNALAND NUUS - Dr. Richard Fortuin, voorheen prinsipaal van Dankoord Primêr ongeveer 18 km buite Ladismith, het verlede week sy stryd teen kanker verloor.
Fortuin was nie net in onderwyskringe bekend nie, maar was ook 'n gerespekteerde rugbyskeidsregter in die Suid-Westelikte Distrikte.
'n Oudkollega van Fortuin, Dorothy Prins van Zoar, onthou Fortuin veral vir sy kennis en afrigting van koormusiek.
Fortuin het ook in die laaste tyd van sy lewe by die stryd om erkenning van die Khoisan betrokke geraak en het die titel van "stamhoof" gedra.
Die bekende akademikus van Oudtshoorn, Danie van Wyk, onthou Fortuin as 'n stil, innemende persoon wat op 'n gevorderde ouderdom sy PhD verwerf het en dit het hom die trots van sy gemeenskap gemaak.
Fortuin was reeds 69 toe hy sy graad verwerf het. Sy bekendheid in die musiekwêreld word onderstreep deur ds. André Boezak, bekende dominee van Op die Stoep-faam met die woorde:
"Richard se diep bas in kore sal ek nooit vergeet nie. Dit was net te uniek."
Op 15 November maak Fortuin se dogter Elmi, die volgende inskrywing op Facebook: "Rus in Vrede Daddy. Dankie vir die pa wat Daddy nie net vir my, Adri en Rudi was nie, maar ook vir die hele gemeenskap se kinders. Ons sal Daddy mis."
Fortuin se begrafnis word vir eerskomende naweek beplan.
'Ons bring jou die nuutste Kannaland, Karoo nuus'