OUDTSHOORN NUUS - Die begrafnis van die bekende Dr David Piedt vind vanoggend om 11:00 vanuit die Volkskerk van Afrika plaas.
Dit geskied streng volgens Covid-19-regulasies met slegs 50 familielede en naaste vriende binne die kerk.
Die publiek is volgens Jonathan Wicomb van die Volkskerk egter baie welkom om binne die voorskrewe afstand van 1,5 m en met maskers die diens buite die kerkgebou op ‘n groot skerm en luidsprekers te volg.
Die diens word ook digitaal uitgesaai,onder meer vanaf die KKNK se Facebook-blad by http://www.facebook.com/kknk.fees/.
Verwante artikel: Geliefde oom David swig voor Covid-19
'Ons bring jou die nuutste Oudtshoorn, Klein Karoo nuus'