OUDTSHOORN NUUS - Die Oudtshoorn Courant het vrae ontvang oor beweerde voorvalle op die “Robertsonpas (sic)”.
Lesers word daarop gewys dat die oorspronklike WhatsApp boodskappe wat rondgestuur was, beweringe bevat oor mense wat in die omgewing van Robertson beroof is.
Dit het niks te doen met die Robinsonpas tussen Oudtshoorn en Mosselbaai nie.
'Ons bring jou die nuutste Oudtshoorn, Klein Karoo nuus'