Volgens Jaco was hy in sy kamer toe hy besef die huis brand. "Ek het my ma gebel en begin om goed uit te dra, maar die vuur was te vinnig. Alhoewel die brandweer binne minute op die toneel was het die brand reeds die binnekant van die huis in puin gelê. Al die gesin se meubels, oudhede, klere, beddegoed en huisware is vernietig.
