OUDTSHOORN NUUS - "Ons vroue moet die Here vir Winnie se lewe bedank. Sy was 'n gelowige vrou en het soos 'n rots vasgestaan teen alle aanslae en ook nooit die ANC verlaat nie."
So is die ontslape Winnie Madikizela Mandela (81), verlede Donderdag tydens 'n roudiens vir haar in die Bongolethu Metodiste Kerk deur Evelyn Gxowa beskryf.
Verskeie vroue, onder wie ANC-raadslid, Charoldine Cobus, het hulde aan die vryheidsvegter gebring.
Die diens is deur die plaaslike ANC-vroueliga gehou en deur 'n vyftigtal vroue, asook 'n aantal mans bygewoon.
Sy het 'n beroep op die Vroueliga gedoen om Winnie Mandela se nalatenskap te vier en te bou waarvoor sy so sterk gestaan het.
"Ons moenie ons organisasie laat val nie, maar dit voortbou op wat Mama Winnie gedoen het."
'Ons bring jou die nuutste Oudtshoorn, Klein Karoo nuus'