Video
OUDTSHOORN NUUS EN VIDEO - Die huis van Conroy en Jodi Mulder in Jakarandastraat is vanaand gedeeltelik in puin gelê deur 'n brand.
Volgens Conroy is die brand vermoedelik veroorsaak deur 'n kortsluiting in 'n elektriese kombers.
Volgens Jodi was sy in die kombuis toe haar dogter uit die badkamer kom en sien die bed is aan die brand. Hulle het Conroy geroep wat in die garage was, maar teen daardie ryd was die hele kamer in vlamme gehul.
Volgens die egpaar was die brandweer skaars vyf minute later op die toneel.
Die brand het toe reeds na ander dele van die huis versprei en deur die dakplate gebars. Die brandweer kon die vlamme blus voordat dit na die hele huis versprei.
Niemand is besser nie, maar die skade is baie ernstig.
Kyk 'n video hieronder.
'Ons bring jou die nuutste Oudtshoorn, Klein Karoo nuus'