OUDTSHOORN NUUS - Louis Lategan, kranige fietsryer en eienaar van Thorntree gastehuis buite Oudtshoorn is vanoggend omstreeks 02:00 in die hospitaal oorlede na ‘n botsing om ongeveer 23:00 gisteraand.
Inligting oor die oorsaak van die botsing is nog nie bekend nie.
Volgens beamptes op die toneel was Louis vanuit die rigting van Oudtshoorn onderweg huis toe toe die Renault Scenic waarin hy alleen was, aan die regterkant van die pad beland het en ‘n veiligheidsreling getref het.
Die reling het regdeur die motor gegaan en Louis getref. Hy is met ernstige hoofbeserings hospitaal toe geneem waar hy ongeveer drie ure later beswyk het.
Sy vrou, Tanya, was kort na die botsing op die toneel aangesien dit minder as 2 km van die gastehuis af gebeur het.
Sy was by hom toe hy oorlede is.
Die egpaar het twee kinders, Daniel en Talana, onderskeidelik op laerskool en hoërskool.
Die botsingstoneel.
'Ons bring jou die nuutste Oudtshoorn, Klein Karoo nuus'